Hello dames!


Ons is so opgewonde dat jy hier is en hoop om hierdie eens in 'n leeftyd dag met jou te deel en vier!

Kom ons verduidelik 'n bietjie meer waaroor The Unapologetic series met Melinda Bam gaan.


Die Unapologetic series is 'n eksklusiewe en intieme ervaring met

slegs 25 dames!


Die dag sal ons met 25 dames deurbring, waartydens ons 'n heerlike brunch sal geniet wat deur die ongelooflike Hello Timber-sjef geskep is.


Tydens die brunch sal ons 'n ontspannende, kragtige en opbouende interakstiewe sessie rondom die tafel hê. Melinda sal haar lewensreis en ervarings met ons deel. Ons wil hê dat jy veilig en connected moet voel en so oop as moontlik moet deelneem om die beste uit hierdie intieme ervaring te haal.


Na ons opbouende brunch sal Melissa 'n sessie met julle hê, jou make-up 'touch up' en jou gereed maak vir die mini-fotosessie. Melissa sal ook persoonlike wenke en advies gee om elke dag toe te pas.


Nadat ons harte gevul is met liefde, nuwe motivering en selfvertroue, sal elke dame 'n onvergeetlike een-tot-een fotosessie met my, Mandy, deel, waar ons jou unapologetically sal omhels vir die unieke vrou wat jy is!


Ons hoop dat elke dame na hierdie dag met nuwe denke, self refleksie, insig en lewenslus sal uitstap. Dat jy jou eie unieke skoonheid, gawes en krag sal besef en gereed sal wees om die uitdagings aan te pak wat die lewe jou kant toe gooi.


Ons grootste hartsbegeerte is dat jy jou lewe hierna unaplogetic en in vol kleur sal leef.



The Nitty Gritty


Om jou sitplek vir die Unapologetic series met Melinda te bespreek, moet jy jou details hier onder voltooi en dan wag op die e-pos wat die beskikbare sitplek bevestig en jou sitplek waarborg ontvang. Sodra bevestiging ontvang is, is die volle betaling binne 24 uur nodig om jou sitplek te verseker anders sal die sitplek weer beskikbaar gemaak word.


Die sessie inligitng:


Koste| R 1 800 per persoon

Datum| 12 September 2021; Sondag

Venue| Hello Timber

Spreker | Melinda Bam

Make up kunstenaar | Melissa Swart

Fotograaf & Gasheer| Mandy Stander


* Gebruik asb jou volle naam en van as verwysing

* Stuur 'n bewys van betaling na mandystander@icloud.com

* As brwys nie binne 24 uur ontvang word nie, sal die beskikbaarheid aan die volgende dame toegeken word.


ONTMOET DIE SPAN

Women embracing women


Iets wat ek regtig na aan my hart dra , is om vrouens aan te moedig om hulself onvoorwaardelik lief te hê, om getrou aan hulself te wees en om gemaklik te wees in hul eie vel.


Ek weet dat ons ALMAL soveel druk en onsekerheid het as vrou ,veral in vandag se social media era.


Ek glo wel dat elke vrou mooi, genoeg is en perfek is net soos sy geskape is deur ons Hemelse Vader. Skoonheid kom in verskei vorms, groottes en kleure voor, en dis juis iets wat ons altyd moet omhels en vier!


Daarom is ek mal daaroor om op vroue te fokus, hulle te bemagtig en te help sien wat God in hulle sien. Ek help hulle om te groei en gemaklik te raak in wie hulle is en met selfvetrou te verlaat om die wêreld aan te vat. Tydens die persoonlike fotosessie moet jy unapologetic, authentic en teevolle teenwoordig wees om jouself te embrace en jou mooiste mooi na vore te bring.


Om die bogenoemde te bereik, het ek 'The unapologetic series' ontwerp, en die slag saam met Melinda wat 'n eendersdenkende vrou is. Sy deel die hart om vrouens te bemagtig, het 'n eindelose liefde vir ons Hemelse Vader, en 'n dreig om haar mede-vrou op haar reis te ondersteun en aan te moedig. En ek vireen, kan nie wag om hierdie avontuur saam haar te reis nie!


Leer 'n bietjie meer oor Melinda Bam


Kom leer die pragtige Melinda Bam beter ken met die 29 vrae wat ons haar gevra het.

Ontmoet die ongelooflike
Melissa Swart


Grimeer kunstenaar| Besigheidsvrou | Sanger | Spreker


Melinda Bam

Melissa Swart

Estelle Visser

Jeanel